Welkom by KANSVATTER 2025, Suid-Afrika se voorste redenaarskompetisie wat jong sprekers help om hul selfvertroue te bou, hul vaardighede te slyp en ‘n blywende indruk te maak. Of jy ‘n beginner of ‘n ervare spreker is, hier kry jy die perfekte geleentheid om jou stem te laat hoor en deel te wees van ‘n kompetisie wat passie, talent en deursettingsvermoë vier.
Sprekers van alle ouderdomme (Graad 1 – 12) word uitgedaag om met oortuiging en selfvertroue hul gedagtes te deel – of dit nou ‘n redenaarstoespraak, ‘n motiveringstoespraak, of ‘n vermaaklikheidstoespraak is.
Met verskeie deelname-opsies kan jy individueel deelneem, saam met ‘n span werk, of jou vaardighede in ‘n onvoorbereide toespraak toets. Ons streef daarna om ‘n eerlike, stimulerende en regverdige platform te bied waar elke deelnemer ‘n kans kry om te groei en te presteer.
Hierdie is nie net ‘n kompetisie nie – dis ‘n geleentheid om te leer, te ontwikkel en jou stem kragtiger as ooit te maak!
R240 per item
R550 per item
LET WEL: Stuur YouTube video SKAKELS, en NIE WhatsApp video's NIE!
E-pos: motivation@champ7.co.za
Phone: 082 822 5233
Die Kansvatter 2025 finaal word lewendig in Pretoria, te Laerskool Constantiapark, 12 & 13 September 2025 gehou.
Vir die FINAAL dra sprekers skoolklere aangesien hulle hul skole verteenwoordig.
Laerskool Constantiapark 12 & 13 September 2025
Stuur YouTube video SKAKELS vir Petrus Jacobs na sy nommer 082 822 5233 vanaf 22 - 25 Julie 2025.
LET WEL: Stuur YouTube video SKAKELS, en NIE WhatsApp video's NIE!
Individuele deelname is vir sprekers wat selfvertroue wil opbou en hul redenaarsvaardighede wil verbeter. Of jy ‘n beginner of ‘n ervare spreker is, daar is ‘n kategorie vir jou.
Indien jy jou toespraak vooraf wil skryf en inoefen, kies een van die volgende afdelings:
Saam met ‘n span – van 3 OF 4 sprekers – het jy die kans om ‘n sterk boodskap oor te dra en in ‘n span-dinamika te leer hoe om effektief saam te werk. Spanne kan in Afrikaans en/of Engels deelneem en word volgens graadgroepe ingedeel:
Hierdie afdeling is vir brawe siele wat vinnig kan dink en senuwees van staal het. Deelnemers kry hul onderwerp 60 / 120 minute voor hulle moet begin praat, wat beteken jy moet jou boodskap vinnig struktureer en oordra sonder vooraf voorbereiding.
Alle INDIVIDUELE VOORBEREIDE kwalifiserende rondes en semi-finale vir Kansvatter 2025 word aanlyn via WhatsApp-video-oproepe gehou. Dit maak dit maklik vir deelnemers regoor die land om deel te neem sonder om te reis.
Sodra jou registrasie voltooi is, sal KANSVATTER op ‘n stadium ‘n datum en tyd met jou bevestig vir jou WhatsApp-video-oproep-afspraak.
Alle sprekers word beoordeel deur ervare en bekwame beoordelaars, en semi-finaliste sal weer ‘n WhatsApp-video-oproep moet doen. Indien jy deurdring na die nasionale FINAAL, sal jy lewendig in Pretoria, Gauteng te Laerskool Constantiapark, 13 & 14 September 2025 aan die kompetisie deelneem.