PETRUSJACOBSLIVE

KANSVATTER 2026

Welkom by KANSVATTER 2026, redenaarskompetisie wat jong sprekers bemagtig om hul selfvertroue te bou, hul vaardighede te slyp en ‘n blywende indruk op gehore te maak.

Of jy ‘n beginner of ‘n ervare spreker is, hier kry jy die perfekte geleentheid om jou stem te laat hoor en deel te wees van ‘n kompetisie wat passie, talent en deursettingsvermoë vier.

Sprekers van alle ouderdomme (Graad 1 – 12) word uitgedaag om met oortuiging en selfvertroue hul gedagtes te deel – of dit nou ‘n redenaarstoespraak,  ‘n motiveringstoespraak, of ‘n vermaaklikheidstoespraak is… Afrikaans of Engels. 

Met verskeie deelname-opsies kan jy individueel deelneem OF saam met ‘n span werk, of jou vaardighede met ‘n onvoorbereide toespraak toets. Ons streef daarna om ‘n eerlike, stimulerende en regverdige platform te bied waar elke deelnemer ‘n kans kry om te groei en te presteer.

Hierdie is nie net ‘n kompetisie nie – dis ‘n geleentheid om te leer, te ontwikkel en jou stem kragtiger as ooit te maak!

HOE WERK REGISTRASIE?

Alle INDIVIDUELE VOORBEREIDE kwalifiserende rondes en semi-finale word via YouTube video SKAKELS hanteer (wat deur ouers op KANSVATTER se sisteem gelaai word). Elke provinsie het sy eie sperdatum vir registrasie ASOOK eie sperdatums vir die oplaai van die YouTube SKAKEL. 

Wat gebeur NA registrasie?

1. U ontvang onmiddellik ‘n bevestigingsepos met u registrasiebesonderhede.

2. Betaling van die registrasiefooi(e). Gebruik spreker se naam & van as verwysing. 

3. Maak 100% seker jy is vertroud met die onderskeie provinsies se sperdatums vir die oplaai van die YouTube SKAKEL op die KANSVATTER sisteem.

4. Op ‘n stadium ontvang jy ‘n TWEEDE epos met die instruksies om spreker se video(s) op die KANSVATTER sisteem te laai. 

Hierdie epos bevat ‘n unieke, persoonlike skakel wat spesifiek vir ‘n bepaalde item (en spreker) bedoel is. Indien jou spreker aan 3 items deelneem, behoort julle dus 3 eposse te ontvang vir die oplaai van die 3 x YouTube SKAKELS op die KANSVATTER sisteem. 

 

 

  

Die finaal word lewendig in Pretoria, te Laerskool Lynnwood, 17 – 19 September 2026 gehou.

REGISTRASIEKOSTE

Individue:

R260 per item

Spanne:

R590 per item

Bankbesonderhede:

D. J. P. Jacobs
Standard Bank
Wonderpark – 016145
Spaar – 084625309

Organiseerder

KANSVATTER Ronde 1 en Semi-finaal inligting

Ronde 1 asook Semi-finaal: YouTube video SKAKELS word op KANSVATTER se sisteem gelaai.


LET WEL: Vir 2026 se Ronde 1 asook die Semi-finaal word YouTube video's se SKAKELS. op KANSVATTER se sisteem gelaai (NIE WhatsApp oproepe nie)

Kontak Ons

E-pos: motivation@champ7.co.za
Phone: 082 822 5233

DIE FINAAL IN PRETORIA

Waar?

Die Kansvatter 2026 finaal word LEWENDIG in Pretoria, te Laerskool Lynnwood, 17 - 19 September 2026 gehou.

Kleredrag vir FINAAL?

Vir die FINAAL dra sprekers skoolklere aangesien hulle hul skole verteenwoordig.

NASIONALE FINAAL:

Laerskool Lynnwood 17 - 19 September 2026

Individuele deelname is vir sprekers wat selfvertroue wil opbou en hul redenaarsvaardighede wil verbeter. Of jy ‘n beginner of ‘n ervare spreker is, daar is ‘n kategorie vir jou.

Voorbereide Toesprake:

 

Wat gebeur NA registrasie?

1. U ontvang onmiddellik (wel… so gou mooontlik) ‘n bevestigingsepos met u registrasiebesonderhede.

2. Betaling van die registrasiefooi(e). Gebruik spreker se naam & van as verwysing

3. Maak 100% seker jy is vertroud met die onderskeie provinsies se sperdatums vir die oplaai van die YouTube SKAKEL op die KANSVATTER sisteem.

4. Op ‘n stadium (nader aan die sperdatum) ontvang jy ‘n TWEEDE epos met die instruksies om spreker se video(s) op die KANSVATTER sisteem te laai. 

Hierdie epos bevat ‘n unieke, persoonlike skakel wat spesifiek vir ‘n bepaalde item (en spreker) bedoel is. Indien jou spreker aan 3 items deelneem, behoort julle dus 3 eposse te ontvang vir die oplaai van die 3 x YouTube SKAKELS op die KANSVATTER sisteem. 

SPANNE / TEAMS

Saam met ‘n span – van 3 OF 4 sprekers – het jy die kans om ‘n sterk oorredings-boodskap oor te dra en in ‘n span-dinamika te leer hoe om effektief saam te werk. Spanne kan in Afrikaans en/of Engels deelneem en word volgens graadgroepe ingedeel:

Graadgroepe vir Spanne:

Hoe werk dit?

ONVOORBEREID - Video's

BEGIN DERDE KWARTAAL:
Hierdie afdeling is vir brawe siele wat vinnig kan dink en senuwees van staal het. Deelnemers kry hul onderwerp 60 / 120 minute voor hulle moet begin praat, wat beteken jy moet jou boodskap vinnig struktureer en oordra sonder vooraf voorbereiding.

Graadgroepe vir Onvoorbereid:

Hoe werk dit?

Alle sprekers word beoordeel deur ervare en bekwame beoordelaars, en semi-finaliste sal weer ‘n YouTube video se SKAKEL oplaai.  Indien jy deurdring na die nasionale FINAAL, sal jy lewendig in Pretoria, Gauteng te Laerskool Lynnwood, 17 –  19 September 2026 aan die kompetisie deelneem.

×